Marita van der Vyver is the author of a dozen novels, a collection of short stories, two collections of humorous essays, picture books for children, many short stories and essays in anthologies, and regular columns in newspapers and magazines. Her books have been published in English, Dutch and German, and her first novel, published in English as Entertaining Angels, became a bestseller and was translated into twelve languages. She lives in France with her family.
Marita van der Vyver is die skrywer van ’n tiental romans, ’n bundel kortverhale, twee versamelings van humoristiese essays, prenteboeke vir kleuters, talle kortverhale en essays in versamelbundels, en gereelde rubrieke in koerante en tydskrifte. Haar boeke word deurgaans in Engels, Hollands en Duits vertaal na die sukses van haar eerste roman vir volwassenes, Griet skryf ’n sprokie, ’n literêre sensasie wat in sowat ’n dosyn tale gepubliseer is. Twee van haar romans, Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom en Dis koue kos, skat, is verfilm. Sy woon in Frankryk saam met haar familie.
Vir die periode waarin die boek verskyn het, was dit 'n baanbrekersboek. Die skok van 'n Afrikanervrou se stem wat praat oor taboe onderwerpe soos selfmoord, masturbasie, tienerseks, eensaamheid, en alles wat Afrikanervroue nie toegelaat was om verbaal, en hoorbaar, te verwoord nie, het rippelgolwe deur 'n gemeenskap gestuur wat deur generasies nie gewoond was aan die soort rebellie nie. Maritha van der Vyver het die moed en deursettingsvermoë gehad om die muur van afsondering af te breek en die psige van 'n Afrikanermeisie, jong vrou, bloot te lê en met empatie te belig. Vir die hedendaagse leser sal die impak nie dieselfde wees as in 1992 toe die boek verskyn het nie. Maar vir diegene, Afrikaner vroue, wat opgegroei het in daardie mileu sowel as era was dit 'n openbarende, helende, en humoristiese verwerking van hulle eie gevoelens en geskiedenis. Die boek het 'n uitbarsting van briewe, boeke en ander publikasies tot gevolg gehad waarin Afrikanervroue uiteindelik hulleself eerlik kon uitleef, sonder morele voorskrifte wat voorheen op hulle afgedwing is deur 'n paternalistiese onderdukkende kultuur. Die boek is nie net goed geskryf nie, dis 'n bevrydingswerk gewees.
Ek onthou dat ek die boek gelees het om en by my matriek jaar maar besef nou dat ek toe ver te jonk was om dit te waardeer.
Griet se storie trek aan jou hart soos min ander. Jy lag voordurig, veral haar beskrywings van haar groot-ouers is so tipies Afrikaner dat ek ook my eie familie daarin kon sien. Maar jou hart trek ook koud vir al die harde werklikhede waarmee sy wroeg.
Ek sal al 5x wat ek die boek al gelees het vir die 5 sterre gee - een van my groot gunstelinge. 'As jy 'n plaas erf moet jy boer. As jy stories erf moet jy skryf. En Griet Swart het genoeg stories geërf om haar 'n duisend en een nagte aan die lewe te hou'
Daar was groot bohep op Afrikaanse televisie gemaak oor die boek en ek het hom gaan uitneem by die biblioteek. Die boek was donker, depressief en ingeweef met sprokies., met ander woorde, perfek vir my. Ek het vir my een gekoop en dit pryk nou in my versameling.
Griet verwerk die traumas van haar lewe deur weg te kruip in sprokies.
Die groot tema in die roman is die spanning tussen droom en realiteit. Om hierdie tema uit te beeld word die storie op ‘n reeks sprokies gebaseer – die belangrikste is “Hansie en Grietjie”, maar “Sneeuwitjie”, “Gouelokkies”, “Doringrosie”, “Raponsie”, “Repelsteeltjie” en vele ander kom hierin voor.
In die eerste paragrawe vind ons klaar die temas en motiewe wat deur die hele boek vleg: Griet probeer selfmoord pleeg deur haar kop in ‘n gasoond te druk en ‘n dooie kakkerlak red haar – sy spandeer die hele aand om die oond skoon te maak.
Soos Griet deur haar probleme werk – deur te skryf daaroor – vind sy dat sy nes Grietjie glo in wonder en dat sy die donker bos vol hekse sal ontvlug.
Die boek is baie emosioneel, intelektueel en snaaks. Dis baie goed geskryf en al die verwysings na sprokies gee dit ‘n magiese gevoel, terwyl al die verwysings na letterkunde dit laat voel asof die hoofkarakter regtig besig is met haar werk by die uitgewery en aan haar tesis werk.
Hierdie boek – veral in die tyd wat dit uitgegee is – gee stem aan Suid-Afrikaanse vrouens wat (miskien steeds) nie oor hul probleme praat nie. Dis baie feministies. Maar dit raak ‘n bietjie té eksplisiet vir my (kyk maar net na die voorblad).
Ek is mal oor Marita van der Vyver se boeke. Vir iemand wie nie veel Afrikaans lees nie, is dit nogsteeds een van my gunsteling boeke! Griet, oor Griet! Wat n karakter!
As ek down is, en nie meer wil nie...lees ek Griet om my te laat lag! Die kokkerot in die oond, die spook met die ereksie en al die snaakse, vreemde, rare maar so egte dinge wat met haar gebeur - ek's mal oor Griet!
Love it! This is the funniest book I have ever read. A inside look into the mind and experiences of a newly divorced women. It's light reading but real.
I haven’t read a book in Afrikaans for more than 20 years, so I was nervous to start, but also delighted to realize the language is still buried deep within me. My next surprise was that this book is fantastic! One of the best portrayals of the general anxieties of being a woman in her thirties. It covers grief, family relationships and fears about getting sick in a way I rarely come across. It was also very progressive for its time. The book came out at the time that Apartheid was over, but the struggle was still ongoing and Mandela was still in prison. Written from the perspective of a liberal Afrikaans person, who is pro New South Africa. I was a young teenager at the time, more exposed to the ‘buy lots of canned food and build a bunker’ walk of life, so this book was a rare insight for me. I love the way she throws in fairytales, writes her own and just stumbles through her divorce with cigarettes and rebound sex. I thoroughly enjoyed this book, although it must be said that it contains some of the most graphic sex scenes I have read. Only the peach scene in ‘Call me by your name’ even comes close.
'Daar is nie veel vloekwoorde oor vir die laatste dekade van die twintigste eeu nie, maar "alleen" moet een van hulle wees!'
My first book in Afrikaans. It wasn't as difficult as I feared, but still I would have preferred Dutch or English in the end. I was working too hard to understand everything to be able to focus on the content of what surely is a strong and relevant story, set in a turbulent time in South African history. It made my progress slow and it makes the book difficult to review.
This is a book to read when your life and marriage starts to fall apart, somewhere in your early thirties. It probably dated since I read it when it came out in the 1990's, but there are still quotes from the book I remember, 30 odd years later, making an indelible impression on me.
For a young woman growing up in South Africa, this book was absolutely perfect.
I read this in Afrikaans 30 or so years ago, but actually enjoyed it more now ... possibly because I'm not feeling so defensive about being happily married! The beautiful angel with the golden penis is a lovely touch - and I liked her relationship with all her sisters and brother, which resonates with me - also having had three sisters and a brother.
Dit was 'n kan nie neersit boek nie. Griet het soveel krisisse wat haar tref en het gewys dat jy daaruit kan opstaan. Ek kon met haar 'relate' op soveel verskillende situasies. Ek het dit in e-boek gelees, maar dadelik bestel sodat ek dit vir my eie dogtertjie kan gee wanneer sy groot genoeg is om dit selfbte lees.
Ek het Griet in 1992 as 'n baie jong vrou gelees en baie geniet, na 32 jaar se lewenservaring is dit selfs beter! Wonder wat sou Jans en Griet se liberale vriende nou van die Nuwe Suid Afrika sê...
So, at last I read this ‘90’s literary sensation. It was fun, amusing and at times sad. The fairy bits was entertaining. A lack of concrete actions forced me to put the book down perhaps more than I would normally do. One of my favourite read of all times, well, not quite. But lite entertainment on a beach holiday.
Baie goeie boek. Ek's bly ek het dit uiteindelik gelees! Was lekker om weer vir 'n slag in my moederstaal te lees. Goed geskryf en baie snaaks op plekke.
Moet ek 'n resensie in Afrikaans skryf? Ek gaan maar deursukkel.
Ek onthou my Sepedi dosent het oor hierdie boek gegrap in 1992, sekerlik omdat dit kontroversieel is/was. Ek het dit geniet alhoewel dit nie vir my soos Marlene van Niekerk of Etienne le Roux lees nie. Dit het my bietjie aan Sylvia Plath laat dink.
Ek weet dat haar skryfwerk geblom het hierna, en dat hierdie boek aandag getrek het, en dat sy nou een van die veterane van Suid Afrikaanse literatuur is.
Ek weet nie of ek nog van haar boeke gaan uitsoek nie, maar ek is bly ek het 'n van Niekerk op my kerfstok.