Jump to ratings and reviews
Rate this book

Soos Familie: Stedelike Huiswerkers in Suid-Afrikaanse Tekste

Rate this book
Vanwee hulle posisie in die kontakgebied tussen “ras” en klas is huiswerkers perfek geposisioneer om die belangrikste tolke en vertalers in die Suid-Afrikaanse samelewing te wees; tussen ryk en arm, stad en platteland, werkgewers en werknemers. Dekades lank was huiswerkers die enigste swart en bruin mense wat wit stedelinge enigsins van naderby geken en in hulle huise toegelaat het – en op min plekke vind hierdie gegewe so sterk neerslag as in die Suid-Afrikaanse letterkunde. Ongeveer tien jaar na die einde van apartheid het Ena Jansen na huiswerkers se spore in Suid-Afrikaanse stadsboeke begin soek. Soos familie: Huiswerkers in Suid-Afrikaanse stadsboeke gee via die letterkunde op boeiende wyse insig in die omstandighede van “die bediende” as 'n sosiale en ekonomiese instelling wat so ver terugstrek as die eerste jare van die vestiging van die Kaap. Vanuit hierdie oogpunt gesien, is die indiensneming van bediendes en alles wat daarmee saamhang een van die oudste praktyke in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, miskien selfs 'n historiese konstante wat alle ander veranderinge oorleef het. Soos familie is 'n verkenning van die rol en betekenis van ongeveer 'n honderd huisbediendekarakters in stadsboeke uit 'n groot deel van die twintigste eeu en daarna – weliswaar teen die agtergrond van sosiologiese gegewens, maar veral ook met die voortdurende besef dat tekste die mag het om in te werk op die werklikheid.

574 pages, Paperback

First published May 1, 2015

7 people are currently reading
45 people want to read

About the author

Ena Jansen

11 books1 follower

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
5 (50%)
4 stars
5 (50%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
November 1, 2016
'n Ontstellende maar noodsaaklike boek vir elkeen wat al ooit 'n huiswerker in diens gehad het (of deur een grootgemaak is).
Displaying 1 of 1 review