Trisa Hugo's Reviews > Weerlose meganika

Weerlose meganika by Anton Roodt
Rate this book
Clear rating

by
5680180
's review

liked it

My eerste reaksie na 10 bladsye van Weergalose meganika was: Wie is Anton Roodt? Hy moet die slimste mens wees wat ek nie ken nie. Dieselfde reaksie wat mens gekry het met Die Dão van Daan van der Walt. Jo! Om hierdie storie te kon uitdink, verg nie net 'n diepe mensekennis nie, maar ook diepgaande begrip van AI. Om 'n karakter soos Lympi te kon skep, verg fyn kyk.

Daar is soveel slim sosiale kommentaar ingevleg, dat jy soos in 'n Woody Allen fliek, op ontoepaslike plekke wil lag. Jy wil heeltyd sê, já, nét so! Mens kan eintlik niks sê sonder om iets weg te gee nie.

Vir my was die boek net te lank, te veel om te verteer sonder dat iets gebeur, maar vir ander kan dit weer die sterk punt van die boek wees.

Die storielyn herinner my baie aan Dine van Zyl se Annerkant die berg, toe daar met groot fanfare aangekondig is dat daar 'n wynfees gehou gaan word, met grotekste beelde wat wyn spuit en alles fantasmagories. Ook die karakter Poinsettia kon net sowel in Weergalose meganika kom draai het.
2 likes · flag

Sign into Goodreads to see if any of your friends have read Weerlose meganika.
Sign In »

Reading Progress

Started Reading
September 24, 2020 – Finished Reading
September 27, 2020 – Shelved

No comments have been added yet.